Tell Me More
Namakwaland Blomme & Gospel Skouspel Toer
Windhoek
Sinoniem met die panoramiese Sederberge, en asemrowende Stadsaalgrotte wat jou op ‘n verbeeldingstog neem en jou na ‘n ander dimensie weglei, ongerepte Weskus natuurskoonheid, kaleidoskoop van Namakwalandse blommeprag, gasvryheid, weglê-etes en die luuksste busvervoer, beeldskone hotelle en die 10de onvergeetlike Gospel Skouspel.
Kom reis saam met Eddie en Linda van der Merwe vanaf Windhoek na Kaapstad.
Waneer: 29 Augustus tot 5 September 2016
Prys per persoon: N$16 000.00
Maksimum 37 inskrywings word aanvaar
Kontak: Juanita Birch by (061) 420 850 tydens kantoor ure vir meer inligting
REISPROGRAM - 8 DAE NAMAKWALANDSE BLOMMETOER & GOSPEL SKOUSPEL:
DAG 1: Vertrek uit Windhoek
Die toergroep vertrek – 29 Augustus 2016 vanaf Windhoek, maak ons eerste stop op Keetmanshoop vir ‘n heerlike plaas middagete. Ons oornag die aand in Springbok by die Masonic Hotel en Springbok Hotel.
DAG 2: Springbok - Okiep - Concordia - Nababeep - Garies - Vanrhynsdorp
Ons ontmoet mekaar die oggend (30 Augustus 2016) in Springbok en gaan die eerste dag van ons Namakwalandse blommetoer in die Namakwalandse Klipkoppe deurbring waar ons dorpe soos Okiep, Concordia, Nababeep en ook die Goegap Natuurreservaat sal besoek. Die Namakwalandse Klipkoppe met sy unieke blommeprag sal eers behoorlik verken word voor ons suidwaarts sal ry en eers `n draai in die Knersvlakte maak met sy dwergvetplantjies wat soos versteekte skatte tussen die wit kwartsklippies groei. Ons oornag by Namaqua Lodge op Vanrhynsdorp waar ons vir drie nagte sal tuisgaan.
DAG 3: VanRhynsdorp - Nieuwoudtville Waterval - Kokerboomwoud - Gletserspore - Nieuwoudtville - Vanrhynsdorp
Vandag gaan verken ons die Nieuwoudtville area - die Bolplanthoofstad van die wêreld. Buiten hierdie streek se fantastiese blommeprag sal daar ook besienswaardighede soos die Nieuwoudtville Waterval, Kokerboomwoud en Gletserspore besoek word. Daar sal ook besoek afgelê word by die NG kerk op Nieuwoudtville wat `n pragtige sandsteen gebou is met `n interessante geskiedenis van hoe hulle ’n vark begrawe het en toe ook glo die enigste kerk in die wêreld geword het om ’n monument vir skuld op te rig. Die tannies by die NG kerk bedien ons ook altyd met lekker pannekoek en tee.
DAG 4: Vanrhynsdorp - Clanwilliam - Pakhuisberge - Sederberge - Wupperthal - Vanrhynsdorp
Vandag beloof om `n baie opwindende dag te wees! Ons vertrek na nog `n stewige ontbyt verby Klawer, al langs die Olifantsrivier tot by Clanwilliam. Ons lê besoek af aan C Louis Leipoldt se graf in die Pakhuisberge, ’n gedeelte van die Sederberge waar dit letterlik lyk asof iemand die rotse bo-op mekaar gepak het. Ons ry dieper in die Sederberge in en ry oor die Brandewynrivier tot waar ons by die Engelsman-se-graf (uit die Anglo-Boereoorlog) uitkom. Ons draai weg na die Biedouwvallei, wat bekend is om in `n goeie jaar te spog met die mooiste blomme. Verder ry ons tot by Wupperthal wat as `n sendingstasie begin is tussen die berge deur JG Leipoldt. Hier sal ons die geleentheid kry om `n paar Wupperthal vellies te koop voor ons omdraai.
DAG 5: VanRhynsdorp - Elandsbaai - Dwarskersbos - Laaiplek - Kaapstad
Die laaste dag van ons toer en ons gaan dit langs die Weskus afsluit. Ons ry weer tot by Clanwilliam waar ons weswaarts draai via Graafwater en Leipoldtville tot by Elandsbaai. Hier gewaar ons gewoonlik die tyd van die jaar walvisse in die baai omdat hulle die koue en veilige Weskuswaters kies om te paar en kalf. By Elandsbaai word die kreefbakkies met hyskrane van die kaai tot in die baai laat sak - iets wat mens nie elke dag sien nie! Die Verlorenvlei is die grootste natuurlike vleiland langs die Weskus en `n voëlkykers paradys! Nog `n vleiland hier langs die Weskus is die Rocherspan wat ons kry voor ons Dwarskersbos bereik. Die Weskus se drielingdorpies Velddrif, Port Owen en Laaiplek aan die mond van die Bergrivier vorm die bokkomhoofstad van SA. Port Owen met sy waterstrate laat mens ook baie dink aan Venesië. Ons ry verder verby Langebaan waar ons Club Mykonos tyddeeloord en casino sal sien met sy griekse atmosfeer. Na `n lekker dag op die Weskus word `n sielsverrykende toer afgesluit in Kaapstad.
Boek in by die Grand West City Lodge en aandete word bedien by Quarterdeck Restaurant.
DAG 6: Kaapstad – Verken die Stad
Geniet die dag by die Tygervalley. Jy is self verantwoordelik vir middagete hier. Om 15h00 vertrek ons terug na Grand West City Lodge en maak reg vir die groot Gospel Skouspel. Na die glans geleendheid eet ons saam in die Casa Bella of Spur Restaurant.
DAG 7: Vertrek Uit Kaapstad
Na ontbyt vat ons weer die pad terug na Windhoek en stop by Lambertsbaai op Muisbosskerm vir ‘n heerlike middagete. Ons oornag die aand in weer in Springbok by Mosanic Hotel.
DAG 8: Terug na Windoek
Na ‘n heerlike ontbyt by Mosanic Hotel op Springbok vertrek ons weer terug na Windhoek en maak ‘n laaste stop op Keetmanshoop by die Wimpy vir ‘n heerlike boere middagete. Daarna vertrek ons terug na ons hoofstad en tuiste.
Die Toer sluit in:
- Akkommodasie
- Ontbyt en aandetes, asook piekniek middag etes in Namakwaland - gewoonlik op n plek waar ons mooi blomme kan sien
- Sekere middagetes
In Namakwaland:
- Geregistreerde toergids - Mike Spies
Die volgende is nie ingesluit in die toerprys nie:
- Geen middagetes is ingesluit by toerprys tydens die blomme toer nie. (Die piekniek elke dag is voldoende aangesien ons ordentlike ontbyt en aandete by die hotel geniet - tyd is baie beperk deur die dag om blomme te kyk)
- Middagetes is ook nie in Kaapstad ingesluit nie (02 & 03 Sept)
Onthou dít wanneer jy kom blomme kyk:
- Buiten Namakwaland se 5 streke (Knersvlakte, Hardeveld, Namakwalandse Klipkoppe, Richtersveld en Kusvlakte) is daar nog ander streke wat jaarliks spog met die van die mooiste blomme soos die Weskus, Olifantsrivier-vallei, Swartland, Bokkeveld, Sederberge en Biedouw-vallei!
- Die blomme-streek is baie groot – wees bereid om baie kilometers af te lê!
- Elke streek se blomme is anders en jy sal nooit alle streke terselfdertyd op hul beste kan sien nie, maar van begin Augustus tot middel September sal daar altyd blomme wees.
- Blommeseisoen ís reënseisoen. Wanneer dit reën kan jy nie blomme kyk nie!
- Namakwaland en die omliggende streke se blommeprag lê nie net in plate blomme nie – daar groei meer as 3 500 verskillende spesies blomme! Om van hierdie plante beter te leer ken, maak jou besoek soveel meer waardevol.
Vriendelike Blomme en Berge groete!
Where Is It?
Windhoek na Kaapstad
Who Can I Contact?
Kontak vir Juanita Birch by (061) 420 850 tydens kantoor ure vir meer inligting.